(4 porsies)

  • 1 kop blomkool
  • 35 g (60 ml) botter
  • 35 g (60 ml) koekmeel
  • 400 ml warm melk
  • 150 g cheddarkaas, gerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 160 °C. Stoom of kook blomkool tot net gaar en sit in 'n oondbak. Smelt botter in 'n kastrol oor matige hitte, voeg meel by en roer om 'n pasta te vorm. Voeg melk geleidelik by terwyl jy aanhou roer. Roer tot sous verdik het. Voeg so driekwart van die gerasperde kaas by en roer tot gesmelt. Geur met sout en swartpeper. Gooi kaassous oor blomkool en sprinkel die res van die kaas oor. Plaas bak in oond tot kaas bo-op net gesmelt is.