(genoeg vir 8)

  • 16 koppe baba-blomkool of 2 groot koppe
  • 60 ml botter
  • 45 ml koekmeel
  • 500 ml room
  • 100 g parmesaankaas, fyngerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 5 ml fyn neutmuskaat (nutmeg)

Bring pot met water tot kookpunt. Voeg blomkool by en kook vir 5 minute of tot net gaar. (As jy groot koppe kool gebruik, moet jy dit langer kook.) Plaas botter in middelslag-pot en smelt oor hoë hitte. Voeg meel by en roer met draadklitser tot goed gemeng. Voeg al die room by en meng goed tot daar niks meer klonte is nie. Verlaag hitte tot sous stadig prut. Laat kook tot sous met die helfte verminder het. Roer af en toe sodat dit nie vasbrand nie. Ver wyder van hitte en voeg parmesaankaas by.  Roer tot gladde mengsel en geur goed met sout en swartpeper. Pak kool op opdienbord. Gooi sous oor en sprinkel neut bo-op. Sit warm voor.