Hier maak blomkool, witsous en groenboontjies sommer een gereg!

genoeg vir 6

• 55 g (60 ml) botter • 2 sprietuie, fyngekap900 g (2 koppe) blomkool, gebreek • 500 ml hoenderaftreksel • sout en varsgemaalde swartpeper • 50 g parmesaankaas, fyngerasper Sous

• 90 g (100 ml) botter

• 1 ui, fyngekap

• 2 brandrissies, fyngekap

• 1 x 350 g-pakkie groenbone, in kookwater gedompel

Verhit botter in middelslag-pot tot warm en roerbraai sprietuie tot begin verbruin. Voeg kool by en braai nog 2 minute. Gooi aftreksel by en verlaag hitte. Kook 8 – 10 minute of tot kool sag en pap is. Geur goed met sout en peper. Verpulp met staafmenger en gooi parmesaan by. Meng tot gladde romerige mengsel. Sous Verhit botter in middelslag-pot tot dit begin borrel. Voeg ui en rissies by. Laat prut vir 2 minute of tot botter lekker geurig is. Plaas geroomde blomkool in opdienbak en pak groenbone bo-op. Gooi warm rissiebotter oor en sit voor.