Dit is heerlik vars so saam met die bredie.

  • 350 g groenbone
  • 100 g botter
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Kook die bone tot net sag. Dreineer goed. Smelt die botter in ’n pan en voeg die bone by. Braai sowat 3 minute en geur met sout en swartpeper. Sit dit dadelik voor.