(6 – 8 PORSIES)

  • 45 ml olyfolie
  • 2 uie, fyngekap
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 6 tamaties, grof gekap
  • 4 groen brandrissies, gekap
  • 1 rooi brandrissie, gekap
  • 200 ml witasyn
  • 80 ml witsuiker
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie in mediumgroot pan. Voeg uie en knoffel by en braai liggies tot dit begin verbruin. Voeg tamaties, brandrissies, asyn en suiker by. Meng goed en verlaag die hitte. Laat stadig prut tot tamaties sag en pap is en vloeistof met die helfte verminder het. Dit neem so 15 – 20 minute. Verwyder van hitte en puree tot ’n gladde mengsel in voedselverwerker. Geur met sout en swartpeper.