Dié gereg is heerlik en minder vetterig as oliegebraaide tjips.

  • 4 groot aartappels
  • 60 ml olyfolie
  • growwe sout

Verhit oond tot 200 °C. Moenie die aartappels skil nie. Sny dun kepe in elkeen, maar wees versigtig dat jy nie dwarsdeur sny nie. Die kepe moet so 3 mm uitmekaar wees. Sprinkel ’n bietjie olyfolie in ’n oondbraaibak en sit aartappels in. Sprinkel res van olie oor aartappels en geur met growwe sout. Oondbraai sowat 1½ uur in warm oond. Bedruip aartappels nou en dan met van die olie in die oondbraaibak. Wanneer aartappels gaar en lekker bros is, sit voor saam met kippers.