(800 ml)

porsiegrootte: 100 Ml

  • 700 ml kookwater
  • 2,5 ml sout
  • 200 ml (160 g) rou bruinrys
  • 20 ml rou bruin lensies

  1. Verhit water en sout tot kookpunt en voeg rys en lensies by. Verhit weer tot kookpunt, sit deksel op en verlaag hitte. Prut vir 25 - 30 minute tot rys en lensies sag en gaar is. Indien rys nog nie sag is nie of sagter rys verlang word, kan nog kookwater bygevoeg word. Maak die rys met vurk los en sit warm voor.

VOEDINGSTOF-ANALISE PER PORSIE

GI laag (54)

  • 310 kJ koolhidrate 14g Vesel 1,3g proteïene 2g
  • vet 0,6g MoVs 0,2g poVs 0,2g cholesterol 0 mg
  • 100 ml bruinrys met lensies is gelykstaande aan: 1 stysel