GENOEG VIR 6–8

• 8 middelslag-aartappels, ongeskil

• 15 ml olyfolie

• 15 ml botter

• 3 uie, geskil, gehalveer en in skywe gesny

• 4 knoffelhuisies, fyngekap

• 250 g strepiespek (streaky)

• 30 ml olyfolie

• sowat 50 g (55 ml) botter

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 3 x 125 g-camembertkaas

• sowat 6 takkies vars tiemie

• 500 ml room

Plaas aartappels in ’n groot kastrol en bedek met water. Bring water op stoof tot kookpunt. Kook aartappels tot net sag maar nie heeltemal gaar nie. Dreineer in vergiettes. Laat afkoel. Trek skille af en hou eenkant. Verhit oond tot 180 °C. Verhit die 15 ml olyfolie en 15 ml botter saam in ’n diep pan. Voeg uie en knoffel by. Braai tot sag en deurskynend maar nie goudbruin nie. Haal af van hitte en hou eenkant. Sny spek in blokkies. Verhit die 30 ml olyfolie in ’n pan en braai spek tot bros. Skep uit pan en dreineer op kombuispapier. Smeer ’n oondbraaibak van sowat 35 x 25 cm met die 50 g botter. Sny aartappels in skywe van sowat 1 cm dik. Pak een laag aartappels in gesmeerde bak en skep helfte van gebraaide uie bo-op. Sprinkel helfte van spek bo-op. Geur met sout en peper. Herhaal proses. Halveer elke camembertkaas in die breedte en rangskik 6 dunner kaassirkels bo-op aartappels, uie en spek. Breek tiemietakkies in kleiner stukkies en sprinkel bo-op. Gooi room oor. Geur met nog varsgemaalde swartpeper. Oondbak 45 minute in warm oond. Haal uit en sit warm voor.

*Oorspronklik in SARIE KOS Maart 2015