Maak hierdie gereg die dag voor die tyd sodat die geure lekker kan saamsmelt.

  • 3 houers (van sowat 260 g elk) ricotta-kaas
  • 175 g ontpitte groen olywe, grofgekap
  • hand vol vars basiliekruid, grofgekap
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen (opsioneel)
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 bottel (105 g) kappertjiesade, gedreineer

Plaas ricotta-kaas in ’n bak. Voeg res van bestanddele behalwe kappertjiesade by en geur met sout en peper. Meng goed deur. Voer leë ricotta-bakkies met bakpapier uit. Die papier moet bo die bakkies uitsteek. Skep kaasmengsel terug in ricotta-bakkies en druk vas. Vou papier oor en maak toe met deksels. Plaas in yskas, verskieslik oornag. Keer uit op opdienbord en geur met nog swartpeper. Plaas kappertjiesade ook op die opdienbord.