(Maak 1 groot inlê-fles)

  • 2 groot eiervrugte, in ringe gesny
  • 2 brandrissies, oopgesny, pitte behou
  • 1 klein ui, in stukke gesny
  • ½ groen soetrissie, in stukke gesny
  • ½ rooi soetrissie, in stukke gesny
  • 2 heel knoffelhuisies (skil verwyder)
  • ’n paar klein kersietamaties (opsioneel)
  • 20 ml sout
  • 15 ml vissous
  • 3 lourierblare
  • heel peperkorrels
  • heel wonderpeper
  • 125 ml wit- of bruinasyn
  • olyfolie

Pak die groente en geurmiddels in ’n skoon glasfles en gooi die asyn by. Plaas fles in ’n kastrol halfpad vol warm water. Die asyn moet die piekels heeltemal bedek. Laat kook sonder deksel vir sowat 10 minute. Om te verseël, vul vloeistof aan indien nodig tot net by die rand en gooi ’n doppie olyfolie by. Maak toe met deksel. Hou die fles onder ’n lopende kouewater-kraan (die koue water laat die deksel behoorlik seël.) Laat staan vir 6 weke in ’n koel plek voor gebruik.

Wenk

Gebruik net jong, gesonde groente vir ’n lekker bros piekel. Witasyn gee ’n mooi helder piekel, terwyl bruinasyn ’n beter smaak gee. Die piekel moenie in aanraking kom met metaal terwyl dit kook nie.