Hou leë blatjangbottels om die Franse slaaisous in te gooi. Dit werk goed.

  • 200 ml olyfolie
  • 80 ml suurlemoensap
  • 15 ml korrelmosterd
  • 2 vars knoffelhuisies, fyngekap
  • 3 takkies vars tiemie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Meng al die bestanddele goed saam.