8 porsies

• 8 groot aartappels

• growwe sout

Verhit oond tot 200 °C. Sny ’n kruisie op elke aartappel – net deur die skil. Plaas op oondrak. Bak 1½ tot 2 uur – die tyd hang af van hoe groot aartappels is. As jy aan die skil vat en dit voel bros, kan jy dit uithaal. Sprinkel sout oor. Druk aartappels aan die kante tot dit oopgaan waar jy die kruisie gesny het.