Genoeg vir 2 bottels van 750 ml elk

• 8 groot rooi brandrissies

• 8 groot groen brandrissies

• 875 ml wit asyn

• 45 ml growwe sout

Pak die brandrissies in 2 gesteriliseerde bottels. Gooi asyn en sout in ’n kastrol. Bring tot kookpunt en vul bottels met warm asyn. Maak styf toe met deksels. Plaas bottels in ’n groot kastrol – die bottels moet regop staan. Bedek met water, maak kastrol toe met deksel en bring tot kookpunt. Laat kook 5 minute en haal kastrol van hitte af. Haal bottels uit met ’n tang. Laat afkoel.