’n Heerlike kombinasie, veral as dit in knoffelbotter gebraai word.

Genoeg vir 6

• 35 g (40 ml) botter

• 200 g dun vars aspersies

• 200 g sneeu-ertjies (mange tout)

• 1 knoffelhuisie, fyngekap

• sout en varsgemaalde swartpeper

Smelt botter in ’n pan. Gooi aspersies, sneeu-ertjies en knoffel in. Roerbraai sowat 3 minute tot net sag, maar nog steeds bros. Geur met sout en peper en sit warm voor.