Ek het die eerste keer op televisie gesien hoe Nigella Lawson dit maak. Dis byna soos klein gebraaide aartappeltjies. Koop die gnocchi sommer in ’n versee¨lde pak in die winkel. Dit hoef nie in die yskas gehou te word nie.

Genoeg vir 4 – 6

• 500 g gnocchi

• sowat 100 ml olyfolie

• sout

Plaas gnocchi in ’n mengbak. Gooi kookwater oor en laat staan vir 1 minuut. Dreineer in ’n vergiettes. Verhit olyfolie in ’n diep pan. Gooi gnocchi in olie en braai tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier en geur met sout.