(6 BROODJIES)

Ansjovis-sous

  • 1 blikkie (45 g) ansjovisfilette in olie
  • 15 ml kappertjiesaad, fyngekap
  • 30 ml olyfolie
  • 15 ml suurlemoensap

Plaas die ansjovis-filette met olie en al in ’n bakkie. Die vissies is sag, jy kan dit met ’n vurk fyn druk. Voeg res van bestanddele by en meng goed.

Broodjies

  • 12 snye witbrood (klaargesnyde brood werk die beste)
  • 300 g mozzarella-kaas, in skywe gesny
  • 200 ml olyfolie
  • 4 eiers
  • 45 ml melk
  • 80 ml melk
  • sowat 250 ml droë broodkrummels

Druk sirkels uit die brood met ’n koekie-uitdrukker of ’n glas. Sit ’n skyf kaas bo-op een sirkel brood. Maak toe met nog ’n sirkel brood en druk goed vas. Maak nog vyf sulke broodjies. Verhit olyfolie in ’n diep pan. Klits eiers en 45 ml melk saam. Hou eenkant. Doop broodjies in 80 ml melk. Bedek met broodkrummels en doop in eier-en-melkmengsel. Braai broodjies weerskante in olie – sowat 2 minute aan ’n kant. Dreineer en sit voor met ansjovis-sous.