Braaityd: sowat 5 – 10 minute

  • 45 ml olyfolie
  • 8 pak choi
  • 4 knoffelhuisies, in skyfies gesny
  • 15 ml heuning
  • 45 ml sojasous

Verhit die olyfolie in ’n diep pan. Voeg die pak choi en die knoffel by. Braai sowat 3 minute tot die blare begin pap word. Voeg die heuning en sojasous by en roerbraai dit verder vir nog sowat 7 minute. Sit dit dadelik warm voor