As jy pers en groen sneeu-ertjies meng, lyk dit baie feestelik, net reg vir die´ tyd van die jaar.

• 30 g (30 ml) botter

• 1 knoffelhuisie, fyngekap

• 360 g pers en groen sneeu-ertjies(mangetout)

• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit botter en knoffel in ’n pan. Voeg ertjies by en braai sowat 5 minute. Geur met sout en peper en sit dadelik voor.