(4 porsies)

  • 700 g jong aartappels
  • sowat 150 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • groot handvol vars basiliekruidblare, grofgekap (sowat 30 g)

Kook die aartappels in die skil tot sag. Dreineer. Breek in stukke met ’n vurk. Voeg die olyfolie by en meng goed. Geur met sout en swartpeper. Meng die basiliekruidblare deur en sit voor.

Om te drink

Saam met aartappels, skorsies, patats of mielies werk ’n gehoute, botterige chardonnay goed. Plaisir de Merle s’n is heerlik, propvol sitrus- en ryk bottergeure.