maak 500 ml

  • 500 ml karringmelk
  • hand vol vars kruie–basiliekruid, origanum, pietersielie of enige kruie van jou keuse
  • 15 ml suurlemoensap
  • 15 ml heuning
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Plaas karringmelk en kruie in ’n versapper. Meng tot glad. Voeg suurlemoensap en heuning by en geur met sout en swartpeper. Gebruik enige tyd wanneer jy mayonnaise sou gebruik.