genoeg vir 6 – 8

• 6 uie, geskil

• 2 lourierblare

• 60 ml witwyn-asyn

• 20 g (25 ml) suiker

• 3 ml sout

• varsgemaalde swartpeper

1 Halveer uie in die lengte. Sny elke helfte in skywe.

Stap 1 Stap 1

2 Plaas uie in ’n groot mengbak en maak die skywe los van mekaar.

Stap 2 Stap 2 

3 Vul die bak met kookwater en maak seker dat die uie bedek is. Laat staan in kookwater tot heeltemal afgekoel. Dreineer uie in ’n vergiettes.

Stap 3 Stap 3   

4 Voeg lourierblare, asyn, suiker, sout en varsgemaalde swartpeper by en meng goed deur. Maak bak toe met kleefplastiek en plaas oornag in yskas. Roer uie elke nou en dan.

Stap 4 Stap 4