Slaaisous

• 30 ml olyfolie

• 30 ml rooiwyn-asyn

• 15 ml suiker

• 15 ml balsemasyn

• 100 ml granaatsap

• 30 ml sesamsade

Slaai

• 200 g dun groenboontjies halwe komkommer, in die lengte in repe gesny

• 1 klein rooikool, in repe gesny

• 4 baba- pak choi, wit harde stingel verwyder, res in repe gesny

• 3 sprietuie, gekap

• 100 g gesoute kasjoeneute, gerooster en grofgekap

• 1 x 75 g-pakkie 2-minute- noedels (rou)

• 2 gaar oorskiet-eendborsies, in skywe gesny (of enige oorskiet-eendvleis)

• 100 g vars granaatpitte

• klein hand vol kruisement, gekap

Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed saam. Hou eenkant tot benodig. Dompel groenboontjies in kokende water en laat staan 2 minute. Dreineer en spoel af onder koue water. Halveer boontjies in die lengte. Rangskik boontjies, komkommer, rooikool, pak choi en sprietuie saam op ’n mooi opdienbord. Sprinkel kasjoeneute oor en breek bros noedels met jou hande oor die slaai. Gooi slaaisous oor en meng goed deur. Pak eendborsie-skywe bo-op en garneer met granaatpitte en vars kruisement.