Dis nou die een gereg waarmee ek my geliefde om my pinkie kan draai. Ek hoop dit werk vir jou ook!

(Genoeg vir 4)

Gaarmaaktyd: 15 minute

  • 500 g gnocchi
  • 15 g botter
  • 150 g broccoli
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • 250 ml room
  • paar takkies tiemie
  • 30 g parmesaankaas, gerasper
  • varsgemaalde swartpeper
  • 125 g gorgonzola-kaas
  • paar blare basiliekruid, gekap

Kook gnocchi tot sag volgens aanwysings op verpakking. Terwyl dit kook, verhit ’n pan met botter en braai broccoli en knoffel vinnig saam. Voeg suurlemoensap en -skil, room, tiemie, parmesaan en peper by. Voeg gekrummelde gorgonzola by. Skep gnocchi uit kookwater en voeg by broccoli-mengsel. Kook oor matige hitte tot dik. Sprinkel basiliekruid oor.

Wenk

Gorgonzola is ’n baie sout kaas, en daarom voeg ek geen sout by nie.