Groen, groener, groente, braai dit met botter en kruisement vir ekstra geur.

10 porsies

• 300 g aspersies

• 300 g sagte stingel-broccoli (tender stem)

• 100 g suikerertjies

• 100 g ertjies

• 45 ml olyfolie

• 115 g (125 ml) botter

• 4 knoffelhuisies, fyngekap

• hand vol kruisement, fyngekap

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 100 g parmesaankaas

Bring pot met water tot kookpunt. Dompel groente vir 1 minuut in kookwater en dreineer. Verhit olyfolie en botter tot warm in middelslagpan. Voeg knoffel by en roerbraai vir 30 sekondes. Voeg groente en kruisement by en braai vir nog 1 minuut. Verwyder van hitte en geur goed met sout en peper. Skep in opdienbak en rasper parmesaankaas oor. Sit voor.

Kyk HIER na die res van ons Kersfees-spyskaart