Peperwortelsous is branderig, maar saam met oondgebraaide beesvleis is dit ideaal vir diegene wat iets met 'n bietjie meer skop soek.

(Genoeg vir 2 oopbroodjies)

  • 2 snye Portugese brood
  • 2 hande vol vars bronkors (watercress)
  • 4 skywe groot rooi tamatie
  • 2 skywe groot geel tamatie
  • 4 skywe sirloin-steak
  • 30 ml peperwortelsous
  • mikrokruie om bo-oor te sprinkel

Plaas bronkors bo-op elke sny brood. Plaas tamaties bo-op en dan die steak. Smeer van die peperwortelsous bo-op en rond af met mikrokruie.