(4 – 6 porsies)

  • 75 ml botter
  • 75 ml heuning
  • 4 groot patats, geskil

Smelt botter en heuning saam in ’n groot kastrol. Sit patats in en rol dit rond sodat dit met die botter en heuning bedek is. Maak toe met deksel en laat oor lae hitte prut. Draai die patats elke nou en dan om. Net voor die patats sag is, haal deksel af. Die sous sal nou karamelliseer. Draai die patats baie versigtig om, sodat die karamel dit bedek. Sit heel en warm voor. As daar sous in die kastrol oorbly, gooi dit oor die patats in die opdienbord.