Resep deur Annerien Vermeulen

Die satay-sous maak die slaai regtig besonders. Daar's wel 'n bietjie vet in, maar die grondboontjiebotter is maar min.

(4 porsies)

  • 1 pak gemengde blaarslaai
  • 4 hoenderborsies (so 90 g elk), geposjeer en in blokkies gesny
  • 1 Granny Smith-appel, met skil aan en in blokkies gesny
  • 125 ml pitlose druiwe, gehalveer
  • 100 ml gemengde neute, gerooster

Slaaisous

  • 30 ml suikervrye grondboontjiebotter
  • 45 – 60 ml water
  • 10 ml sojasous
  • 1,5 ml gemaalde gemmer

Pak blaarslaai op ’n slaaibord uit. Rangskik die hoender, appel, druiwe en neute bo-op. Klits die vier bestanddele vir die slaaisous saam en sprinkel oor slaai.

Dieetkungige sê

Die neute en grondboontjiebotter maak die mono-onversadigde vetinhoud hoër