Pesto is 'n sous van basiliekruidblare, olyfolie en dennepitte. Dit word gewoonlik net so op sy eie voorgesit, maar dit werk ook lekker in 'n roomsous.

(genoeg vir 4)

• 4 ontbeende hoenderborsies, sonder vel

• 30 ml olyfolie

• 1 ui, fyngekap

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 250 ml witwyn

• 500 ml room

• 30 ml basiliekruid-pesto

• 200 g vars groen aspersies

Sny elke hoenderborsie in drie. verhit olyfolie in ’n diep pan. voeg hoender by en braai tot bruin. voeg ui en knoffel by. geur met sout en peper. Braai tot ui sag is. Voeg wyn by en laat kook tot helfte van wyn oorbly. Voeg room, pesto en aspersies by. Laat oop prut tot aspersies sag is en sous verdik het – sowat 15 minute. Sit voor saam met ekstra pesto as jy van ’n sterker pesto-smaak hou.