• 250 ml Bulgaarse jogurt
  • 50 ml olyfolie
  • sap van 1 suurlemoen
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • hand vol vars basiliekruid, fyngekap

Meng al die bestanddele goed saam.

Wenk: Hou slaaisous altyd in die yskas. Haal uit so ’n uur voor jy dit voorsit.