4 porsies

  • 15 ml botter
  • 15 ml koekmeel
  • 375 ml witwyn
  • 175 g gruyère-kaas, in klein blokkies gesny
  • 175 g emmenthal-kaas, in klein blokkies gesny
  • 175 g sterk cheddar-kaas, in klein blokkies gesny
  • 1 ciabatta-brood, in klein blokkies gesny

Smelt botter in ’n kastrol. Voeg meel by en maak aan tot ’n gladde pasta. Verhit wyn en gooi by meelmengsel. Meng goed om klonte te verhinder. Voeg gruyère-kaas by en roer tot gesmelt. Voeg die ander twee kase bietjies-bietjies by en roer tot al die kaas gesmelt is. Gooi oor in fondue-pot en sit dadelik voor saam met blokkies brood.

Om te drink

Gruyère- en emmenthal-kaas vra vir gewürtztraminer en riesling. As jy rooiwyn verkies, moet dit ’n ongehoute, ligte een wees, soos Goede Hoop naby Stellenbosch se Domaine-versnit.