Kaasfondue

akkreditasie
FOTO Donna Lewis
FOTO Donna Lewis
Die fondue-pot is terug! Maar vergeet van pruttende olie waarin jy vleis braai soos in die 80’s. Nee, nou maak jy kaassous en sit dit voor met groente en tuisgebakte brood.

genoeg vir 6-8

  • 290 g beleë cheddar-kaas, gerasper
  • 170 g gruyère-kaas, gerasper
  • 45 ml koekmeel
  • 250 ml witwyn
  • 45 ml brandewyn
  • 30 ml korrelmosterd
  • 225 g chorizo, in ringe gesny
  • broodblokkies vir voorsit

Meng 2 soorte kaas en meel in groot mengbak – maak seker die meel is eweredig versprei deur die kaas. Plaas wyn en brandewyn in middelslag-pot en bring tot kookpunt. Verlaag hitte tot stadige prut. Voeg kaas bietjiesgewys by terwyl jy klits met ’n draadklitser. Dit sal lyk of die mengsel skif, maar namate jy meer kaas bygooi, raak die mengsel weer romerig. Verwyder van hitte en roer korrelmosterd by. Gooi kaasmengsel in fonduepot – stel die pot se vlam op sy laagste. Sit voor met chorizo en broodblokkies.

KYK OOK: Trekuitmekaar-brood

Geroosterde aartappels met raclette

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees