• 10 aartappels

• 120 g (130 ml) botter

• 180 ml warm melk

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 15 ml truffelolie

Skil aartappels en plaas in ’n kastrol. Bedek met water en plaas op stoofplaat. Bring tot kookpunt en kook tot sag. Druk aartappels fyn met drukker. Voeg botter by en wag tot botter gesmelt het. Meng goed deur en voeg warm melk by. Geur met sout en peper en

meng goed. Voeg olie by en meng deur. Sit kapokaartappels voor saam met beeswange en gebakte knoffel.