Baie resepte skryf voor dat die´ patee (hoemoes) met olyfolie gemaak word, maar dit kan dit bitter laat smaak. Ek maak dit met warm water.

genoeg vir 12

• 500 g droe¨ kekerertjies (chickpeas)

• 600 ml kookwater

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 125 ml tahini-pasta – kyk by gesondheidswinkels

• 30 g bos pietersielie

• sout en varsgemaalde swartpeper

• olyfolie en paprika vir voorsit

• granaatpitte (opsioneel)

Bedek kekerertjies met koue water en week oornag. Plaas in pot en voeg ekstra water by tot sowat 2 cm bo ertjies. Bring tot kookpunt en kook 20 – 25 minute of tot sag en gaar.

Dreineer en plaas in voedselverwerker saam met kookwater, knoffel, tahini en pietersielie. Verpulp by hoe¨ spoed tot glad. Geur baie goed met sout en peper. Skep in opdienbak en sprinkel olyfolie, paprika en granaatpitte oor. Sit voor.