Resep deur Tannie Poppie

Genoeg vir 6 – 8

  • ½ Engelse komkommer
  • 1 rooi appel
  • 2 groenappels
  • 1 bakkie (250 ml) grenadellajogurt

Sny komkommer in skyfies en dan in kwarte. Sny appels in baie dun skyfies met skil en al. Plaas in mengbak en gooi jogurt oor. Meng goed en sit voor saam met hoofmaal.