(genoeg vir 8)

  • 400 g gepelde amandels
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 10 snye witbrood, korsies verwyder
  • 1 liter melk
  • 45 ml olyfolie
  • 60 ml droë sjerrie
  • 45 ml sjerrie-asyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 trosse (300 g) wit druiwe, gehalveer
  • gevlokte amandels vir garnering

Verhit pan tot warm oor matige hitte en rooster amandels tot goudbruin. Plaas amandels, knoffel, brood en melk in voedselver werker. Ver werk op hoë spoed tot gladde puree. Laat staan mengsel vir 10 minute en dreineer deur ’n sif. Voeg olyfolie, sjerrie en asyn by en meng goed. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas in yskas tot yskoud. Sit voor in klein bakkies met druiwe en gevlokte amandels.

OM TE DRINK

Paul Cluver Riesling 2010 (R75)