Verras jou gaste met ’n verskeidenheid botter.

Pietersielie-suurlemoen-en-knoffel-botter

  • 100 g botter, kamertemperatuur
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • sowat 6 basiliekruidblare, geskeur
  • sowat 30 ml pietersielie, fyngekap

Maak seker die botter is sag en meng al die bestanddele goed saam. Vul ’n klein konfytbotteltjie en maak toe. Hou in yskas tot benodig.

Basiliekruidbotter

  • 100 g botter, kamertemperatuur
  • sowat 8 groot basiliekruidblare, gekap

Maak seker die botter is sag en meng met gekapte basiliekruid. Vul ’n klein konfytbotteltjie en maak toe. Hou in yskas tot benodig.

Wenk: Hou al jou klein konfytbotteltjies om die botter in voor te sit.