sowat 300 ml

200 g (220 ml) botter 2 knoffelhuisies, gekap 15 ml roosmaryn, gekap 15 ml origanum, gekap 10 ml tiemie, gekap 15 ml pietersielie, gekap sout en varsgemaalde swartpeper

Laat botter sag word en gebruik ’n houtlepel om dit te klop tot lig en romerig. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Geur met sout en peper. Hou buite die yskas terwyl jy jou steak braai om seker te maak dit bly sag en maklik om te skep.