• 4 middelslag-kwepers
  • 1 200 g (1 500 ml) suiker
  • 500 ml water

Vryf donse van die kwepers af. Rasper die kwepers met skil en al tot op die stronk. Moenie bekommerd wees as die gerasperde kwepers effens bruin raak nie. Gooi die suiker en water in 'n groot kastrol. Bring die mengsel tot kookpunt terwyl jy heeltyd roer. Die suiker moet opgelos wees voor die water begin kook. Voeg die gerasperde kwepers by wanneer die stroop begin kook. Roer goed deur en laat oop kook vir 30 minute. Roer so af en toe. Bottel warm in gesteriliseerde flesse.