Het jy al ooit daaraan gedink om steak en slaai vir al jou gaste op een groot houtbord voor te sit? Dit lyk asemrowend as jy met die bord by ’n vertrek instap.

• 3 langblaarslaaikoppe (cos)

• 2 avokado’s, in klein blokkies gesny

• 350 g klein rooi en geel rosa-tamaties, in

klein blokkies gesny

• ½ rooi-ui, in klein blokkies gesny

• 40 ml olyfolie

• 10 ml suurlemoensap

• sout en varsgemaalde swartpeper

Halveer elke slaaikop en plaas op ’n groot houtplank. Meng avokado’s, tamaties

en ui in ’n mengbak. Gooi olyfolie en suurlemoensap oor. Meng versigtig deur.

Geur met sout en peper. Skep bo-op slaai.