(LEWER 4 – 6 PORSIES)

PORSIEGROOTTE: ± 65 – 100 g

  • 400 g patats
  • 125 ml vars lemoensap
  • 5 ml vlapoeier
  • 2,5 ml gerasperde lemoenskil
  • 10 ml suiwer heuning
  • knippie fyn gemmer
  • knippie mosterdpoeier

  1. Skrop patats se skil skoon met ’n groenteborsel en sny met skil in 0,5 cm-skywe. Kook vir 12 – 15 minute in ’n bietjie water tot gaar maar nie pap nie. Dreineer.
  2. Meng lemoensap, vlapoeier, skil, heuning, gemmer en mosterdpoeier tot glad en roer by gaar patats. Verhit weer tot kookpunt. Roer liggies en kook vir 1 minuut tot die sous effens verdik is. Bedien warm saam met gekrummelde varktjops.