(genoeg vir 500g)

  • 750 ml dubbeldik room

Verhit oond tot 80 °C. Plaas die room in ’n oondvaste bakkie met ’n volume van 1 000 ml. Bedek bakkie met foelie en bak vir sowat 10 uur of tot ’n geel botterlaag bo-op vorm. Laat afkoel tot kamertemperatuur en plaas oornag in yskas tot yskoud. Skraap botterlaag af en gebruik.

Gebruik só

Dié room is lekker saam met soet en sout. sit voor saam met gebakte aartappels of warm skons met konfyt. Vir ekstra geur by iets soets kan jy ’n klein bietjie vanieljegeursel inroer.

Jou gesondheid

Room is hoog in vet, maar dit bevat heelwat minder vet per volume as olie, botter of margarien. Een eetlepel room bevat dieselfde hoeveelheid vet as ’n teelepel margarien. Dit bevat ook, soos alle dierprodukte, nie net versadigde vette nie, maar ’n kombinasie van versadigde (sg. slegte vette) en onversadigde vette. Suiwelvet bevat ook ’n belangrike vetsoort – CLA – wat die liggaam nodig het ten einde vet doeltreffend te verbrand