Tradisioneel word die sous oor 'n kastrol met kookwater gemaak. Hier wys ek julle 'n makliker manier.

  • 4 eiers
  • 20 ml suurlemoensap
  • 180 g (200 ml) ongesoute botter
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Stap 1. Skei eiers en plaas eiergele en suurlemoensap in ’n versapper.

Stap 1

Stap 2. Klits eiers en suurlemoensap goed saam in die versapper.

Stap 2 Stap 2

Stap 3. Smelt botter en gooi in ’n beker. Voeg die gesmelte botter in ’n baie dun straaltjie by eiermengsel terwyl die versapper heeltyd loop. Dis soos om mayonnaise te maak.

Stap 3 Stap 3

Stap 4. Wanneer al die botter bygevoeg is, sal die sous die tekstuur van vla hê.

Stap 4

.

Om te weet

’n Baie ryk sous wat veral voorgesit word met aspersies of die ontbytgereg Eggs Benedict – ’n gehalveerde, geroosterde Engelse muffin met ham en ’n geposjeerde eier op elke helfte en dié sous bo-oor.