(4 porsies)

  • 500 g winkelbrooddeeg

Sprinkel koekmeel op ’n bakplaat. Verdeel deeg in 4 stukke en vorm die roosterkoeke. Plaas op bakplaat en laat op warm plek staan tot dit verdubbel. Verhit ’n riffelpan en pak roosterkoeke bo-op. Die plaat moenie baie hoog gestel wees nie – so medium tot laag. Draai roosterkoeke om ná 5 minute, en hou só aan met elke 5 minute omdraai tot dit binne gaar is.

Wenk

Hoe weet jy die roosterkoeke is gaar? As jy bo-op klop en dit klink hol, dan is dit gaar.