genoeg vir 6

  • 6 mielies, elkeen in 3 gesny
  • 55 g (60 ml) botter
  • 45 ml olyfolie
  • 100 g parmesaankaas, gerasper
  • 100 g broodkrummels
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • Kook mielies tot gaar in groot pot met kookwater, sowat 10 – 12 minute. Verhit botter en olyfolie in groot braaipan en voeg kaas en brood- krummels by. Roerbraai vir 5 minute of tot goudbruin en bros. Voeg mielies by en braai nog 5 minute saam met krummels. Geur goed met sout en peper. Sit mielies voor en skep krummels in pan bo-oor.