Genoeg vir 4 – 6

  • 1 middelslag-pampoen
  • sowat 60 g (65 ml) botter
  • 35 g (45 ml) suiker
  • 3 ml kaneel

Stap 1. Verhit oond tot 180 °C. Halveer pampoen en skep al die pitte uit. Gebruik een helfte vir hierdie resep. Bedek die ander helfte met kleefplastiek en hou in yskas.

Stap 2. Sny halwe pampoen in skywe van sowat 3 cm.

Stap 3. Sit in oondbraaibak en stip met botter.

Stap 4. Meng suiker en kaneel en sprinkel oor pampoen. Maak bak toe met tinfoelie en plaas in warm oond. Haal uit ná 30 minute en verwyder tinfoelie. Plaas terug in oond en oondbraai nog sowat 45 minute tot sag en suiker lekker gekaramelliseer het. Haal uit en sit warm voor.