Hierdie manier van wortels gaarmaak verg geen moeite nie. Jy sit dit in die oond en dan sit jy agteroor.

• sowat 80 ml olyfolie

• 1 kg klein worteltjies

• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Sprinkel helfte van olyfolie op ’n bakplaat. Pak worteltjies langs mekaar op die bakplaat en sprinkel res van olyfolie oor. Geur met sout en peper en oondbraai sowat ’n halfuur in warm oond tot gaar.