genoeg vir 6 sowat 1,5 kg pampoen van jou keuse, in skywe gesny met skil aan
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 4 takkies tiemie
  • 1 duimnael-groot stuk vars gemmer, fyngerasper
  • 2 brandrissies, fyngekap
  • 15 ml fyn kaneel
  • 250 ml heuning
  • sout en varsgemaalde swartpeper 170 g babawortels
  • 50 g parmesaan-skaafsels

Verhit oond tot 180 °C. Plaas pam- poen in groot oondroosterpan. Meng knoffel, tiemie, gemmer, rissie, kaneel en heuning. Gooi oor pampoen. Geur goed met sout en peper. Bedek pan met foelie en bak vir 30 – 45 minute of tot pampoen sag en gaar is. Maak oop en braai bruin onder roosterelement. Pak pampoen in opdienbord saam met babawortels en parmesaan-skaafsels. Sit voor.