sowat 14 koekies

• 500 g pampoenblokke

• 120 g (215 ml) koekmeel

• 10 ml bakpoeier

• 2 ml sout

• 1 eier, geklits

• sonneblomolie om koekies in te braai

• 35 g (45 ml) suiker

• 3 ml fyn kaneel

1. Kook pampoen tot sag. Dreineer en verpulp tot glad met staafmenger.

2. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Voeg verpulpte pampoen by.

3. Voeg geklitste eier by en meng goed.

4. Gooi genoeg olie in ’n pan om bodem goed te bedek. Verhit. Skep groot lepels vol van die mengsel in pan. Braai aan een kant tot borrels om rand van koekie vorm. Draai om. Braai sowat 1 minuut en draai weer om. Braai koekies tot mooi bruin en gaar. Dreineer op kombuispapier. Meng suiker en kaneel saam en sprinkel oor koekies. Herhaal met res van mengsel. Sit warm voor.