Sit dit voor in klein bakkies op gebreekte ys met suurlemoen-kwarte.

(6 – 8 porsies)

  • 1 bos radyse, sowat 10 – 12
  • 200 ml witasyn
  • 1 brandrissie, fyngekap
  • 30 ml bruinsuiker
  • 2 knoffelhuisies, gekap

Gebruik ’n skerp mes en sny radyse in dun skywe. Bring res van bestanddele oor matige hitte tot kookpunt. Gooi warm mengsel oor radyse en laat afkoel.