• 100 g botter, kamertemperatuur

• gerasperde skil van

1 suurlemoen

• sowat 6 basiliekruidblare, geskeur

• sowat 30 ml pietersielie, fyngekap

Maak seker die botter is sag en meng al die bestanddele goed saam. Vul ’n klein konfytbotteltjie en maak toe. Hou in yskas tot benodig.